Vermiste Musti.

Hoe is dit moontlik dat ‘n mens soveel verlies kan aan? Trek ek die tipe dinge na my aan of wat in G-D’s naam gaan aan?. Om eerlik te se ek is sommer kwaad vir G-D ook, want Hy is seker die enigste wat regtig verstaan hoe ek myself van binne voel en ek dink ook eerlik gese wat dit in Hom het om my te vergewe vir die brutale gedagtes en kwaadgeit. Ek is de moer in. Ek wil vloek en skel om myself beter te laat voel. Ek is kwaad omdat ek alles wat ek lief het – hier in Europa dan – verloor of afskeid moet van neem. Ek weier om totsiens te se aan my kat – my enigste lewende bewys dat ek ook liefde kan ontvang.

Verstaan my goed – ek weet dit is omstandighede en alle dinge wat ‘n mens jouself wys wil maak om die pyn te realitiveer en ‘n plek wil gee, maar die woede is die enigste manier wat ek regtig met die pyn nou kan omgaan. My trane is op. My hoekom en waarom’s is op. Alles is op – maar ek weier om hoop op te gee – want dit sal vir my hand doek ingooi wees…en ek weier om handdoek in te gooi….dus ek hoop op die manier!

Ek dink G-D kan ‘n engel of ‘n ding as Hy te besig is rigting Musti stuur en hom help om die pad terug te vind. Laat jou amper dink aan die verlore seun…nou dis hoe ek voel op die moment. Ek bly meer na buite kyk en kan nie slaap nie, so worry ek oor my katkind. Ek weet dis stom, ek weet ook dis egoisties en self gesentreerd – ek kan dit alles realitiveer, maar ek wil my kat terug; dus my vraag is – bid asb. dat G-D in Sy alwysheid tog ‘n wonderwerk sal laat gebeur – en Musti terug na huis sal lei. Dankie dat julle met my mee bid.

3 Kommentaar

  1. Hey Babe! Musti sal terug kom! Gee net kans! Kon jy die posters laat opsit teen die lamppale, of het die wyksagent nee gesê? Het jy al by die plaaslike dierehospitaall,veearts of skut gaan navraag doen? Partykeer as mens angstig is, dink jy nie helder nie. Dalk het iemand haar opgetel en is sy dalk veilig en goed versorg. Positive thinking girl!! Lief jou dik! A

  2. Ek is so bly dat ek die eer het om te kan kom sê dat Musti gisteraand huistoe gekom het. Ek het my kniee deurgebid vir daai kater en ek is SO bly Riana. My ogies is al skreef gekyk dat jy aanlog op Skype, maar tevergeefs. Hoop jy sal gou kom vertel of jy kon uitvind waar die swerkater rondgeloop het?

  3. ***GOEIE NUUS **** DONDERDAGNAG 12-06-2008 : DIE VERLORE SEUN IS TERUG!!!

    BAIE DANKIE VIR ALMAL WAT SAAM MET MY GEBID EN GEHOOP HET. DANKIE VIR ALLE POSITIEWE EMAILS EN ONDERSTEUNING – DIE AFGELOPE 4 DAE WIL EK REGTIG NIE WEER OOR HE NIE. DANKIE NOGMAALS EN BAIE DANKIE DAT EK OP JULLE ALMAL KON STAATMAAK. WYS JOU NET – AL WORD JY MOEDELOOS EN KWAAD VIR GOD – HY BLY TOG GETROU EN GEE ‘N UITKOMS.

    MUSTI PAS MY NOU OP SOOS ‘N HOND…EN WIL DIE HEELTYD AANDAG HE. HY HAAL PRESIES DIE VERLORE TYD NOU IN. DIE VERLIGTING IS ONBESKRYFLIK EN ALLE EER AAN GOD – EN DANKIE NOGMAALS. LIEFDE EN DRUK VIR JULLE ALMAL. RIANA EN MUSTI.


Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.