Totsiens Hechtel.

Ek word oorval met ‘n weemoed in die poskantoor vanoggend toe ek my adresverandering invul…met die besef nou is dit so ver. My lewe hier in Hechtel gaan ook vir altyd verby wees…. byna 5 jaar van woon in ‘n dorp tussen vreemdes wat stilletjies in jou hart gekruip het deur na 5 keer se groet tog terug groet…want hulle besef hulle gaan op geen ander manier van jou af…as om maar net te groet of die hand in die lug te steek…

Dit gaan ek mis…ek gaan almal mis wat die moeite gedoen het om my te leer ken en vir my om te gee…ek huil met elke boks wat ek inpak, dan neem ek ‘n break want my oe is seer en ek is snotterig….en dan gaan ek na die toilet want huil maak my ook na die toilet gaan…om te plas. En dan probeer ek weer ‘n boks inpak…en so gaan ek nou al heeldag aan…ek neem letterlik met pyn en trane afskeid van alles om my heen. Die mense en die dorp… die stom hond van die bure….Nele die kat…haar baasje en zij spullen wat al my krane weer oopdraai en dan tjank ek van vooraf aan…

Intussen moet ek die week ook my slaapdiens draai….en ek het ‘n vriend van my so de moer in gemaak dat hy nie meer met my wil praat nie, en dan huil ek somer omdat ek my ma en pa verlang en wens ek was weer klein – en op hulle skoot kan klim om getroos te word. Ek mis my mense!! die mense wat my taal verstaan, wat weet wat ek bedoel – wat die nuanses van my klanke aanvaar sonder kritiek en uitleg….ek mis julle – wou maar net se….die totsiens affere is nie vir my gemaak nie…ek haat koebaai’s!! ek haat dit met ‘n passie…. dus is dit eers cheers!! van my…ek moet nog gaan inpak… Dink aan my…ek het ‘n harde week voor my van koebaai se en afskeid neem…die 17/18de trek ek finaal…dan is dit alles verby…….vir altyd verby.

3 Kommentaar

  1. Hey, hey!!En kyk waar dop ek uit! Riana, wil net hê jy moet weet dat ek dink aan jou en is lief vir jou! Sterkte Bokkie-kind! Koebaai’s is aaklig ja, maar dink net …..’n heerlike nuwe exciting lewe lê nog voor jou. BAIE om te doen, om te leer ken, en lief te hê! Enjoy die ride! xxx

  2. Hallo Alda…Baie dankie vir jou kommetaar…dis so waar en ook my hele aanpak…om alles wat na my toe kom in ‘n positiewe lig te bekyk….maar dit maak die pyn van totsiens nie minder nie hoor…Dankie vir jou vriendskap ou skat… Praat weer. Liefde ekke xxx

  3. Ek het so aan jou gedink die naweek en gehoop en gebid dat allles goed verloop. Ek hoop teen die tyd wat jy my boodskap lees is jy al tuis in jou eie huis. Ek mis ons geselsies op skype baie. Hoop om jou gou weer daar te sien. xxx


Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.