Hoekom…..

Hoe kom dit dat mense moet lieg en bedrieg om hulleself beter te laat voel.? Vandag is dit my ex se verjaardag – sy vriendin en haar kind het intussen by hom ingetrek ‘n week nadat ek die deur uit is…. en vandag vier hy sy 48ste verjaardag. Almal is uitgenodig behalwe ek, nie dat dit my pla nie, maar wat my wel pla is dat hy aan almal vertel dat hy my uitgenodig het….my vraag is dan hoekom moet jy lieg? Hoekom is jou hele lewe ‘n leuen?. Wanneer stop jy met jou lieg en bedrieg of is dit nou so deel van jou DNA dat dit 2de natuur geword het – leuens en leef in leuens.?

Ek is so moeg vir vals mense en hulle bedekte agenda’s – ek kan opgooi daarvan….fisies siek word daarvan….ek wonder soms by my self of daar nog mense op hierdie aardbol is wat op die reguit pad loop. ? Wat het geword van waardes, intergiteit en eerlikheid? Het dit verdwyn of het ek net plain bad luck om met die shit van die lewe in aanraking te kom? – en dan het ek dit oor die algemeen oor mansmense…. Hoekom is dit so dat mans makliker lieg oor iets as om hulle man te staan en die waarheid maar te vertel….of is dit te veel gevra om net in waarheid te leef?

Hoekom lieg mens in elke geval? Al ooit gewonder daaroor? Hoekom is dit nodig om dinge te verbloem, in te kleur of anders te bepraat? Hoekom? Wens ek het al die antwoorde gehad….maar tenminste kon ek die vraag nou van my afskryf….lekker dag verder almal…en hou op met lieg vir jouself en ander oke…kom ons begin by onsself en maak die wereld ‘n beter lewe om in te leef…stop met lieg!!!

6 Kommentaar

  1. Jy is nou net so kwaad vir daai vent…en dis te verstane, maar jy moet darem nie sê hierdie siekte is net een waaraan mans ly nie! Ek ken ‘n hele paar (VAN ALBEI GESLAGTE) wat dink ‘n leuen kan alles reg maak. Laat hulle maar hul ding doen, elke ou skryf sy eie boek, en eendag sal hierdie klomp wel moet verantwoording doen vir hul dade. Lekker dag Rianatjie…sien jou eersdaags. xxxx

  2. Vra dit! As jy ooit die antwoord kry, stuur dit vir my ook! Sterkte!

  3. Dit doen ek verseker en visa versa vir jou ook..dankie hoor. groete Riana x

  4. Ai Riana,
    Ek voel jou pyn. Het al self ‘n hele paar stelle afgetrap met beide geslagte van lieg en bedrieg, voorgee en agterbaksheid. Weet nie meer waar om eerlike mense nog te ontmoet nie. Mense het hulle waardes verloor – What a pity!!! Maar ek het besluit om my nie meer te meng met die valsheid van die mensdom nie. Ek vra maar net die Here om saam met my hierdie moeilike pad te loop. Die seer sal minder word met tyd. Sterkte

  5. Linda soms is dit die beste om maar net te vergewe en te probeer vergeet….dis soveel vermorste energie om kwaad en negatiewe gevoelens te he. Sterkte en los laat girl…dit help geloof my maar. Liefde – sien jou binnekort. Riana

  6. Ek verstaan heeltemal hoe jy voel – mense lewe alewig agter maskers – hier’s my advies …

    Change the changeable, accept the unchangeable, and remove yourself from the unacceptable.


Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.