Dis soms moeilik om jouself aan vreemdes te omskryf as jy solank met jouself leef….ek is ‘n plaaskind uit Suid Afrika. Groot geword op ‘n skaapplaas. Ek is ‘n Karookind in murg en been. Ek hou van ooptes, vlaktes, stiltes en berge. Ek hou ook van mense – mense wat oop staan. Mense wat opreg en eerlik is wat geen agenda’s en planne het nie. Ek hou van klassieke musiek, musiek wat klink soos ‘n engelkoor en harmonieuse klank na vore bring om jou siel te laat sing. Ek hou ook van gewoon musiek en klank… Ek is gefassineerd deur mense en het dit ook my werk gemaak om in mense se skoene te gaan staan – soms net vir ‘n minuut of 5 om de gevoel te verwoord van hoe die hulle self voel…eindtlik is ek dood gewoon. Ek sorg graag – en glo ook in God en Sy gebod. Ek probeer om ander te behandel soos ek sou behandel word….met respek en liefde. Ek is vir familie. Ek glo aan kontak hou met vriende en dat my grootste geskenk aan myself is om ‘n oop boek na ander te wees….deur opreg besig te wees met myself en ander. Nou ja dis so effens in ‘n neutedop wie ek is….sommer net ‘n gewone girl uit Afrika wat iets probeer maak van haar lewe in Europa…
13 Kommentaar





Baie welkom!
Hallo julle. Dankie vir al julle ondersteuning en onbegrensde liefde. Dankie vir die moeite wat jy doen om my kommentaar te gee. ‘n Email te antwoord. Ek waardeer dit. Voel die drukkie en die gevoel van warmte. Dis regtig net my mense wat so iets kan doen…uitreik na vreemdelinge en dan agter kom – maar eindtlik is jy ‘n vriend. Ek voel my ge “eerd” om ‘n puur Suid Afrikaner te wees. Dankie dat julle my help in my groei proses. Mag julle elkeen geseen word..op jou eie uniek manier. Dankie. Riana
Dankie vir jou besoek aan my blog…en welkom! Ek sal graag wil sien hoe dit in Belgie lyk!
my eerste loer hier… baie nice… ek kom verseker weer
Welkom en ek is verseker dat die gevoel wedersyds is…ek gaan jou webblog ook meer besoek…mooi so. en nogmaals welkom.
Snaakse comment, maar die kat in die foto lyk vir my baie cute!
Gaan huis toe Rianna. Ons wag op ons perm.anente permit om terug SA toe te gaan.
Ek se net: 72000 mense op Loftus Versveld wat hulle kniee buig vir God.
Kom huis toe. DIs beter om vry te sterwe as om gebonde te lewe.
Nou net my eie vraag aan jou beantwoord! ‘n Suid-Afrikaner! En nogal ‘n Karookind… Die ooptes, vlaktes, stiltes en berge wag nog vir jou hier, beter as ooit, die nuwe Suid-Afrika… Ons belewe nou die begin van ons rëens en alles is pragtig en groen – die Burchell’s Cuckoo het vanoggend 5uur my tuin besoek en sy pragtige gesing was wat my uit die bed gejaag het. Hy was nog nie voorheen hier nie, en hoop sy geroep was bedoel om sy maats nader te lok na al die inheemse Karees en Akasias en Witstinkhoute wat ek geplant het. Hou die taal en God hoog …
Hallo my eerste kuierkie hier – ek kom weer!
Tjortsies
Welkom en kom asb. weer…lekker dag verder. Riana
Dankie – hier het ek nou bietjie meer van jou geleer Riana… Karookind.
Ek is Transvaler gebore…. die plek is nog daar.
Mooi loop in Friesland….!!
Aangename kennis!
Aangename kennis boervrou – lekker dat jy inloer. Ek geniet ook jou blog hoor! Riana