Gister het ek ‘n aanryding met ‘n baba hert gehad. Die gevolg was dat ek en my kar in die 2 meter diepe sloot langs die weg beland het. Ek weet nou van my self dat as jy met die dood gekonfronteer word dit ‘n groot stilte binne in jou bring. ‘n Doodse kalmte van aanvaarding en “laat dit maar kom”. Dit was omtrent ‘n groot skrik vir ons almal op die adres. Gelukkig het die motor voor my reeds die hert teen die grond gery – ek dink die was al reeds dood. Ek het probeer om uit te swaai maar het in die sloot beland. Die hert is dood – wat ook seker ‘n seen was, want die arme ding het gebreekte bene en veelvuldige beserings gehad!. Dank Vader dat ek met ‘n groot skrik en ‘n seer lyf daarvan afgekom het en my kar net ‘n los modderskerm! En op daai noot groet ek eers met die wysheid van Pravs world. Leef elke dag voluit mense!

2 Kommentaar




Jinne vrou…. Jy kan jou sterre dank!
Bly om te hoor jy is nog met ons
Ja dit doen ek ook. Dank die sterre en alles wat daar Bo my beskerm het! Dankie vir jou kommentaar. Waardeer dit.