Vroulike sterilisasie.

Die afgelope 5 jaar het ek ‘n spiraal in my liggaam gehuisves, wat my soveel miserie en slegte gevoelens oor my vroulikheid en vrouwees gegee het dat ek dankbaar is dat die nou moet uitgehaal word, want na 5 jaar is Marena nie meer welkom in my liggaam nie. Nou is die nuutste ‘n vroulike sterilisasie deur ‘n tipe van spiraal wat hulle indraai of in plaas in jou eierleiers (Buise van Fallophuis) en na 3 maande het jou liggaam hierdie spiraal gebruik om die buise dig te maak en sodoende kan jy dan nie swanger word nie. Dit is gesonder en ook minder liggaamlike klagtes. 18 000 vroue in Nederland het dit al laat doen en die Amerikaanse vroue is byna 3 dubbel. Die proses word genoem Essure. My dokter verseker my dat jy letterlik binne 80 minute weer buite die deur van die hospitaal staan. Die hele proses neem 20 minute. Dan moet jy 45 minute wag. Jy kry geen narkose of lokale verdowing nie. Ek dink die seerste is seker die verwydering van die Marena. Dus het ek besluit voordat ek na SA gaan op vakansie gaan ek dit laat doen. Dames ek hou julle op hoogte van die resultate en ook die eindproduk.

Essure1Met verwysing na die website van www.farnammd.com/ images/essure3.jpg

No Comments Yet

Nog geen kommentaar nie.

Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.