Soms kry ‘n mens ‘n waarskuwings in die vorm van siekte, dood of momente in ander se lewe – wat jy besef…halllllloooo wake-up call!
Ek het die afgelope tyd weer heel veel slegte nuus gehoor, ervaar en gesien. Met die dood gekonfronteer, die dood weer geruik en die bekende geel van dood weer ervaar…die koudheid van geen lewe…die stilte van ‘n liggaam waar die siel van verhuis het. Ek het lank gelede – terwyl ek gestudeer het – en deur iets soortegelyk deurgegaan het – ‘n boek gekoop. In nederlands maar kosbaar soos my Bybel. Dis geskryf deur Arthur Samuels en die Nederlandse vertaling lees : KRASSEN OP JE ZIEL. – dus ‘ n kuns om afskeid te neem…en die boekie het my ‘n paar goeie tips geleer…
Selfs die klein dingetjies in die lewe – afskeid neem van ‘n belangrike moment in jou lewe, jou gunsteling vaas wat breek, jou gunsteling musiek wat stukkend of wegraak…klein dingetjies -
Almal van ons weet dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat die lewe intressant maak…vra maar enige kind wat onthou hy van sy kleintyd…dit is die gevoel van vreugde wat weggebere word indie eenvoudige momente van tesame wees. Ek onthou ouma Kittie se kappie met die pers omstiksels en haar sagte vel as sy jou soen. Ek onthou haar pampoenbredie uit die louoond. Ek onthou oupa Izak se Sabraal, sabraal hoe laat is dit? speeltjies en sy wolf en jakkels verhale. Oupa Okkie se manier van loop en sy “poppie” as hy met jou praat. Ouma Ria se aansteeklike lag en haar lekker gebraaide vis en gebakte poedings…
In die tekens van die tye besef ek ook ons is almal elke dag nader aan ons eie dood – elke dag nader…dus my vraag is aan myself…wat doen jy intussentyd met die lewe Riana Brand?
3 Kommentaar




Ek het onlangs op ‘n ongeluk afgekom waarin ‘n persoon wat ek geken het, dood is. Dit was nogal vir my ‘n skok maar het my ook net weer opnuut laat besef dat dit net sowel ek kon gewees het. En ek het my dieselfde vraag afgevra as jy. Op haar begrafnis het die dominee gesê dat ons ons nie moet vasstaar teen hoé sy dood is nie, maar hoé sy geleef het. En ek moet jou sê… sy was soos ‘n moeder Theresa in ons gemeenskap! Beslis vir my ‘n voorbeeld van hoe ek ook behoort te lewe!
Lekker dag vir jou daar in Nederland!
Hi – ja ek dink dis goeie raad…en ‘n mooi voorbeeld om na te volg. Dankie vir die deel van jou ondervinding Thea…is jy oke? Groete. R.
Hi Riana! Ja dankie, ek is nou weer okei!