Ek was by die tandart – sy kom uit Pretoria en het my weer so terug laat verlang na SA! met haar Transvaalse Afrikaans. Ons het ‘n bietjie in memorylane gaan rond speel en sy het my vertel van die Suid Afrikaanse tannie wat SA kosse en dinge verkoop in ‘n winkel (www.diespens.nl). Dus ek gaan binnekort ‘n draai daar maak om my lus vir biltong en droe wors te bevredig en nie vergeet van Mrs. Ball’s se blatjang!. Met al die gerond vroetel in die verlede moes ek weer aan die oorspronklike “Fame” serie terug dink – daar is ‘n nuwe generasie Fame nou op die bioscoop dus – hier is vir die mense wat dit nog kan onthou! Die oorspronklike FAME!
No Comments Yet
Nog geen kommentaar nie.



