Uit die pen van Anna Davel.

Ek het geleer die lewe skuld jou min of meer net mooi niks nie

 En dat goeie dinge somtyds voor jou deur kom staan

Dat die wat baie praat dalk niks het om te sê nie

 En dat ‘n smile of ‘n warm hand die hele dag kan draai

Ek het geleer om te vertrou en als nie te verloor nie

 Om te gee en niks terug te vra as die omgee groei

Ek het die waarde van ‘n sent bepaal en ook die waardeloosheid as dit daal

 En ‘n honderduisend rand jou brand om meer te begeer

 Maar van die liefde weet ek baie min

Al wat ek ken is ek en jy

Ons kan praat en droom en raaisels maak

 Daarteen veg of dit bely

Wat presies gebeur as jou hart vertederd

 Uitbroei uit sy dop

Bly ‘n wonder want jy kan als vergewe en nuut begin

 As jou hart reg klop

Ek het geleer dat as jy alles weet jy bittermin verstaan

 En dat deur links te draai in plaas van regs ‘n nuwe wêreld oop kan gaan

 Ek het gaan soek en my pad verloor maar baie meer gekry

 Op die onbekende afdraai wat na ‘n nuwe roete lei

Ek het geleer dat die wat baie huil nie die sadste is nie

 Die wat die woorde net te maklik sê nie die liefste voel nie

Ek is dalk jonk en moet nog baie leer soos die jare my sal wys

 Maar nou is dit genoeg vir my dat jy hier langs my by my is

Ek het geleer dat om te luister na goedbedoelde raad

Jou lewe kan red of jou bitter eensaam kan maak

Ek’t geleer om in iets te glo al kan dit jou breek of jou genees

 Maar nou is dit genoeg vir my om net hier langs jou te kan wees

Musiek en woorde: Anna Davel

 

Ek moes vandag weer aan die ware woorde uit die pen van ‘n befaamde SA ’se sangeres, Anna Davel, dink. Dankie Anna vir jou waarheid.

2 Kommentaar

  1. Ek is mal oor Anna Davel en hierdie is ‘n baie nice song.

  2. Stem ek volmondig saam. Ek is bly dat ek my in goeie smaak en geselskap bevind..hiehe. `Lekker week vir jou.


Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.