Dis nou ‘n jaar later na die mededeling van my ex man dat hy alleen verder wil – wat ek met so ‘n lee gevoel in my binneste rondgeloop het en dat die glo in oneindige liefde dood gegaan het in my.
Brooke in Blue Lagoon en natuurlik ook Endless Love.
Dis die films van Brooke Shields wat my weer laat dink het aan jare ‘80. 1981 – 1984. Die onskuldige jare van standerd 9 en matriek en jou eerste studiejare en alles wat daarmee saam gaan. Jou eerste vriend – wat jou net kon soen dat die lus by jou ore uithang en sy hande ook moes tuis hou. Hoe het alles tog nie verander nie!! As ek nou na jongmense van die ouderdom 17 en ouer kyk het hulle almal ’verkering’ – want dis hoe dit hier genoem word hier, gehad en het al vergeet hoe dit is om jou heel eerste soen te kry.
Dis ‘n jaar later en ek kan se ek glo weer…in oneindige liefde…die sirkel is rond – die onskuld is weg maar die realiteit en feite het gebly. As jy glo in liefde bly liefde tog ook op een of ander manier in jou glo. Dus my boodskap is dit. – Nie opgee nie, nie moed verloor nie, daar is altyd hoop ook vir die stukkende en hopelose gevalle onder ons. Lekker dag verder.
No Comments Yet
No comments yet.



