Los laat en W-A-G !! op Vader tyd.

Dit kom van oujaarsdag wat hy my vertel dat hy my nie meer lief het nie en wil skei. Ons is 4 1/2 jaar getroud. Ek het alles opgegee – my hele lewe in Suid Afrika, my vriende, my werk, familie en alles wat bekend is. Hy het sy tyd goed gekies want hy het eg my oujaar kapot gemaak. Ek het vir 72 uur gehuil + ek moes gaan werk… en dit het hy heel goed geweet. Opeens kan ek dan vra – wie is jy? wie was jy? wat is jy?? en wat maak dit my?? Wat moet ek hieruit haal – nadien het ek dan uitgevind dat hy al meer as ‘n maand met iemand anders (‘n getroude vrou met ‘n kind) omgaan – en dat hy sy nuwe jaar met ‘n nuwe vrou wil begin. Mooi vir hom – en my wereld het dan opeens tot stilstaan gekom. Nou amper 2 maande later kan ek terug kyk op daai aaklige dag… die pyn van toe en die skok het gaan le, maar ek kan met alle eerlikheid se – so iets sou ek nooit aan hom gedoen het nie. Ek dink ek dink te veel van myself om met leuens te leef. Ek dink dat ek so kwaad geword het omdat hy my die gevoel gegee het van onkunde en dat die buitewereld dit sien kom het en ek nie. Die gevoel dat jy ‘n narpak aan het en dit nie besef nie. Die gevoel dat jy ander laat lag, maar jy – jy wil net huil…en weg kruip. Dis hoe ek my gevoel het.. toe.

Nou voel ek leeg en hartseer – omdat ek kan terug kyk op ons huwelik en tot die besef moes kom – hy het miskien in die begin van my gehou, maar nou is daar niks – en ek sal moet leer om daarmee saam te leef. Ek weet ek moet loslaat en aangaan. Ek voel my net so stom soms omdat ek hier geen wette en ‘n netwerk van mense om my het soos wat ek in SA gehad het nie. Ek moet alles alleen uitsoek en aftas in ‘n land van diplomate….

Op dit oomblik sit hy met sy nuwe vriendin en kie in Estland – op die plaas wat hy met my geld gekoop het – agterna se hy – nee dis met sy erfgeld gekoop. Maar so het ek nog nie ‘n sent van my geld gesien nie. Volgens hom het hy my al 2 jaar nie meer lief nie, maar in daai 2 jaar het hy dit voormekaar gekry om al my geld in sy rekening gestort te kry…nou dit noem ek – ‘n man met ‘n plan.

Nou om dit alles los te laat en te vergewe – dit gaan alles tyd kos en ek moet eerlik se…tyd en wag – daai 2 gaan nie goed af met my nie.

Ek wonder of daar iemand in Belgie is wat iets weet van egskeidings en hoe jy te werk moet gaan. Kan jy my help met raad asb.? By voorbaat dankie.


9 Kommentaar

  1. As egskeidings kostes jou pla, is dit beter om in SA te skei.
    As jy hom wil skuur op die teerpad, moet jy ‘n huweliks prokureur in Belgie gaan sien.

    Hy het of nie mooi gedink nie, of hy het glad nie gedink nie. Belgie se skeihof is DUUR en as jy kan bewys jou geld is in sy rekening gedeponeer en hy het jou gelos sonder om jou op die voete te help post-seperasie, gaan hy bloei….

  2. Riana, sterkte van een plaaskind aan ‘n ander ene. Wys hom waarvan is jy gemaak – staan op en byt vas en vat hom aan – hy kan nie sommer so goedsmoeds wegkom met jou geld nie!. Hoekom kom jy nie maar terug huis toe nie? Waar jou mense en jou ondersteuning is?

    En as jy nie kan nie, of nie wil nie, weet darem ook hier is mense wat aan jou dink. Vir nou miskien nog vreemd, but a friend is only a stranger you have not met yet!

    Mooi loop daar in die verre vreemde. :-)

  3. Kan maar net ook se: BAIE sterkte!

  4. Riana,
    Ik vind het spijtig voor jou dat je dit van het leven hier in België moet tegenkomen… Maar, zoals ik jou ken, je bent een sterke vrouw, je vindt je weg terug in deze moeilijke tijd. En denk, ook hier in België heb je vrienden waar je terecht kan! Je bent nu teleurgesteld in de liefde. De grote liefde die jij hebt zal je sterk maken om ook uit deze periode de kracht te vinden om aan jezelf te blijven werken. Tegenslagen maken een mens sterk zegt men, en neem van mij aan, het is niet gemakkelijk….soms denkt een mens dat er enkel tegenslagen zijn,….maar er komt heus wel een betere tijd. Je zal dit nu niet kunnen en willen geloven, maar het komt….als je weer klaar bent om jezelf te zien als die mooie, open en fantastische vrouw, dan zal je weer openbloeien en geloven in de liefde!
    Sterkte en ik denk aan jou!

  5. Hoi lieverd… wat fijn dat je mij op deze manier ondersteun…merci daarvoor. Ik stuur je een mail. Tot binnekort. xxx

  6. Sterkte Riana. Dit kan nie maklik wees nie, maar jy klink na ‘n sterk vrou.

  7. Liewe Riana,

    Ek het jou leer ken as ‘n sterk vrou. Een wat weet wat sy in die lewe wil hê!!! Ek bid vir jou meisie, ek bid vir krag, ek bid dat God jou die krag ook sal gee, om te vergewe al lê die wonde nog rou voor jou. Dit beteken nie, dat jy die vloerlap moet wees nie. Staan op jou agterpote en baklei vir wat joune is. Hierdie tipe man is gewetenloos.

    Na 10 jaar en 6 maande se getroude lewe saam met ‘n man wat my gedurig aangerand het en my kinders ook mishandel het, het ek gewonder: “Waar is God? Na jare se baklei in die hof vir onderhouds gelde en skool en mediese gelde: Waar is God. God was daar, maar het gekyk of ek sterk genoeg is om geduldig te wees. EK WAS NIE – EK HET DIE TOETS GEDOP!!!!!!!!!! MAAR VANDAG IS DIT VIR MY ‘N LES, WEES GEDULDIG, BLY OP MY KNIEË WANT GOD SAL MY BESKERM, AL VAT DIT BIETJIE LANK.

    Maar die wiel het gedraai, God het Sy eie tyd gehad. Maar ek glo dat God hom wel weg gevat het uit die samelewing, omdat hy vir niks en niemand iets kon beteken nie. Hy het te veel lewens verwoes. Maar op 2 Februarie 2008 is hy aan n hartaanval oorlede. Ek moet erken ek moet nou op my knieë bly om nie te lekker te kry nie. Dankie Vader, hy kan nie meer my kinders se lewens verder verwoes nie.

    Mag ek uit my ondervinding van seerkry vir jou sê: Riana, God het ons nie gamaak om oor getrap en verniel te word nie. Wat joune is / was moet jou terug gegee word. Baklei daarvoor as jy kan, bid daaroor (ek sal ook) en Glo dat God in Sy eie tyd jou sal help en weer bo uit kom.

    Jy moet egter erêns op ‘n plek kom waar jy hom kan vergewe, want haat maak mens klaar! Vra my ek weet. Ek het eers in 2006 hom van aangesig tot aangesig gesien en hom toe meegedeel dat ek hom vergewe. Hy het my meegedeel dat hy ‘n Ateïs is en nie belang stel aan my Christelike nonsens nie. Wel, ek was woedend, maar ek het God gevra om my te help dat ek hierdie man vergewe, al voel ek nie so nie. Al voel dit in my hart dat ek hom kan vermorsel. God het my die krag gegee om hierdie man uiteindelik te vergewe en so het ek vrede in my hart gekry. Jare se nagmerries is nou iets van die verlede, ek kry geen nagmerries meer nie. God het my ook daarvan verlos.

    Sterkte my liewe Vriendin. Jy is gedurig in my gedagtes.
    Ek bid dat my verlede dalk, vir jou iets kan beteken, want dan was alles die moeite werd. As jy nie baat kon vind hieruit nie, bid ek dat iemand anders wat dit lees baat sal vind hieruit.

    Liefies
    Linda

  8. Linda siende dat jy my email nie ontvang het nie, wil ek tog langs hierdie weg jou uit my hart bedank vir jou input en visie…ek waardeer dit. Ek dink dat ons almal van mekaar kan leer en jy was ook vir my ‘n inspirasie en leerskool…dankie daarvoor. Dankie ook vir jou vriendskap en ondersteuning. Dankie dankie en nogmaals dankie. R

  9. DIS ‘N YSLIKE PLESIER, EK BLY VIR JOU BID. LINDA


Comments RSS TrackBack Identifier URI

Lewer kommentaar

You must be logged in to post a comment.